Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 5:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. “Hulle het ons soos volg geantwoord: Ons is dienaars van die God van die hemel en die aarde. Ons is besig om die tempel te herbou wat vroeër baie jare hier gestaan het. Dit is deur 'n groot koning van Israel opgerig en voltooi.

12. Maar ons voorvaders het die toorn van die God van die hemel op hulle laat kom, en Hy het hulle oorgegee in die mag van die Galdeër koning Nebukadnesar van Babel wat die tempel verwoes het en die volk na Babel toe weggevoer het.

13. Koning Kores van Babel het egter in sy eerste regeringsjaar opdrag gegee dat die tempel herbou moet word.

Lees volledige hoofstuk Esra 5