Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 4:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vyande van Juda en Benjamin het gehoor dat die ballinge besig is om 'n tempel te bou vir die Here die God van Israel.

2. Hulle kom toe na Serubbabel en die familiehoofde toe en sê vir hulle: “Laat ons saam met julle bou. Ons vereer dieselfde God as julle. Ons bring vir Hom offers van die tyd van koning Esarhaddon van Assirië af deur wie ons hiernatoe gebring is.”

3. Maar Serubbabel en Jesua en die ander familiehoofde van Israel het vir hulle gesê: “Julle bou nie saam met ons aan die tempel van ons God nie. Ons alleen sal vir die Here die God van Israel bou. Ons het die opdrag van die koning self gekry, koning Kores van Persië.”

4. Die nie-Israelitiese inwoners van die omgewing het toe die volk van Juda probeer moedeloos en bang maak om met die bouwerk aan te gaan.

5. Hulle het selfs amptenare omgekoop om die bouplanne in die wiele te ry. Dit het aangehou van die tyd van koning Kores van Persië af tot die regeringstyd van koning Darius van Persië.

6. Aan die begin van die regering van Ahasveros het hulle selfs 'n geskrewe klag teen die inwoners van Juda en Jerusalem ingedien.

Lees volledige hoofstuk Esra 4