Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 9:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die Here het vir die manne met die wapens gesê: “Verontreinig die tempel, maak die voorhowe vol lyke. Gaan dan verder.”Hulle het toe verder gegaan en die mense in die stad begin doodmaak.

8. Terwyl hulle aan die doodmaak was, het ek alleen agtergebly en ek het op my gesig platgeval en geroep: “Ag, Here my God, gaan U al wat van Israel oor is, uitroei terwyl U u toorn teen Jerusalem laat losbreek?”

9. Hy het vir my gesê: “Die sonde van Israel en Juda is enorm groot. Die land is vol moord, die stad vol verdraaiing van die reg. Hulle dink: die Here is nie meer in die land nie, die Here sien nie.

10. Daarom sal Ek nie verskoon nie, nie jammer kry nie. Ek sal wat hulle doen, op hulle eie kop laat afkom.”

11. Die man met die linneklere aan en die skrywersakkie aan die gordel laat toe weet: “Ek het gedoen wat U my beveel het.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 9