Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Nou, binnekort, laat Ek my woede losbreek teen jou,Ek gaan my toorn op jou koelen jou straf vir wat jy gedoen het,Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom.

9. Ek sal jou nie verskoon nie,jou nie jammer kry nie.Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom;jou afskuwelike dade sal jou inhaal.Dan sal jy besef dat dit Ek, die Here, is wat jou straf.

10. “Die dag is hier, dit kom,die ergste gaan gebeur.Soos die mag toegeneem het,het die eiegeregtigheid toegeneem.

11. Die goddelose heerskappy sal met geweld te doen kry,maar nie van die kant van die inwoners van die land nie,nie deur hulle verset, hulle protes nie, nie deur 'n klag van hulle kant nie.

12. “Die tyd het gekom, die dag het aangebreekdat die een wat koop, nie bly moet wees nie,en die een wat verkoop, nie spyt nie,want die toorn van die Here rus op almal in die land.

13. Die verkoper sal wat hy verkoop het, nie terugkry nie,al leef hy en die koper altwee nog.Wat Ek oor almal in die land bekend gemaak het, staan vas:almal is skuldig, niemand sal sy lewe behou nie.

14. Hulle kan maar die ramshoring blaasen alles gereed maak vir die geveg,maar hulle sal nie eens die geveg kan begin nie,want my toorn rus op almal in die land.

15. “Oorlog buite, pes en hongersnood binne:wie buite op die land is, sal in die oorlog sterf;wie in die stad is, sal verteer word deur honger en pes.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7