Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die ergste kom vir jou, inwoner van die land,die tyd kom, die dag is naby,die dag waarop daar nie vreugde niemaar ontsteltenis op die berge sal wees.

8. Nou, binnekort, laat Ek my woede losbreek teen jou,Ek gaan my toorn op jou koelen jou straf vir wat jy gedoen het,Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom.

9. Ek sal jou nie verskoon nie,jou nie jammer kry nie.Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom;jou afskuwelike dade sal jou inhaal.Dan sal jy besef dat dit Ek, die Here, is wat jou straf.

10. “Die dag is hier, dit kom,die ergste gaan gebeur.Soos die mag toegeneem het,het die eiegeregtigheid toegeneem.

11. Die goddelose heerskappy sal met geweld te doen kry,maar nie van die kant van die inwoners van die land nie,nie deur hulle verset, hulle protes nie, nie deur 'n klag van hulle kant nie.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7