Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:10-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. “Die dag is hier, dit kom,die ergste gaan gebeur.Soos die mag toegeneem het,het die eiegeregtigheid toegeneem.

11. Die goddelose heerskappy sal met geweld te doen kry,maar nie van die kant van die inwoners van die land nie,nie deur hulle verset, hulle protes nie, nie deur 'n klag van hulle kant nie.

12. “Die tyd het gekom, die dag het aangebreekdat die een wat koop, nie bly moet wees nie,en die een wat verkoop, nie spyt nie,want die toorn van die Here rus op almal in die land.

13. Die verkoper sal wat hy verkoop het, nie terugkry nie,al leef hy en die koper altwee nog.Wat Ek oor almal in die land bekend gemaak het, staan vas:almal is skuldig, niemand sal sy lewe behou nie.

14. Hulle kan maar die ramshoring blaasen alles gereed maak vir die geveg,maar hulle sal nie eens die geveg kan begin nie,want my toorn rus op almal in die land.

15. “Oorlog buite, pes en hongersnood binne:wie buite op die land is, sal in die oorlog sterf;wie in die stad is, sal verteer word deur honger en pes.

16. Dié wat ontkom, sal op die berge skuilen soos die duiwe in die valleiesaam sit en kla, elkeen oor sy sonde.

17. Al die hande sal slap hang,daar sal water teen al die knieë afloop;

18. die mense sal rouklere aantreken skrikbevange raak;elke gesig sal verslae wees,elke kop kaalgeskeer.

19. “Hulle sal hulle silwer op die strate weggooi;hulle goud sal nutteloos wees:hulle silwer en hulle goud kan hulle nie reddie dag as die toorn van die Here losbreek nie.Hulle sal hulle honger nie daarmee kan stilen hulle daaraan nie kan vol eet nie.Dit is juis hulle silwer en goudwat hulle in sonde laat verval het:

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7