Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 6:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Dié van julle wat ontkom het, sal My onthou daar waar hulle ballinge geword het tussen die nasies. Die ballinge sal onthou hoe Ek in my eer aangetas is deur hulle ontroue gesindheid wat hulle van My af laat wegdraai het agter hulle afgode aan en 'n weersin in hulleself kry oor die bose optrede, oor al hulle afskuwelike dade.

10. Hulle sal besef dat Ek die Here is en dat Ek nie verniet gesê het dat Ek hierdie onheil oor hulle sal bring nie.”

11. So sê die Here my God: “Slaan jou hande inmekaar, stamp met jou voete, kerm oor al die bose, afskuwelike dade van Israel: hulle gaan sterf deur oorlog, deur hongersnood, deur pes.

12. Wie ver is, sal aan pes doodgaan; wie naby is, sal in die oorlog val; en wie oor is en behoue gebly het, sal van honger doodgaan. Dan sal my woede op hulle gekoel wees.

13. Wanneer die lyke tussen hulle afgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op elke bergtop, onder elke groen boom, elke welige groot boom, op elke plek waar hulle geoffer het vir al hulle afgode, sal hulle besef dat Ek die Here is.

14. Ek sal teen hulle optree en die land 'n verlate, skrikwekkende plek maak, van die woestyn af tot by Ribla, oral waar hulle woon. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 6