Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 44:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Net die regeerder mag in die poortgebou gaan sit om in die teenwoordigheid van die Here te eet, maar die regeerder moet by die toegangsportaal agter die poort inkom en weer daar uitgaan.”

4. Die man vat my toe deur die noordpoort tot voor die tempel. Ek het gesien die huis van die Here is vol van sy magtige teenwoordigheid en ek het platgeval.

5. Die Here het vir my gesê: “Mens, let op, kyk goed en luister goed na alles wat Ek vir jou sê oor al die voorskrifte en al die reëlings wat vir my huis geld. Let op na hoe iemand by die tempel mag inkom en hoe hy die heiligdom moet verlaat.

6. “Jy moet vir dié weerbarstige volk, vir Israel, sê: So sê die Here my God: Was al julle afskuwelike dade nie genoeg nie, Israel,

7. dat julle ook nog eerlose en onbesnede uitlanders in my heiligdom ingebring het om my huis te ontwy? Julle het vir My vet en bloed as voedseloffer aangebied en terselfdertyd die verbond met My verbreek deur al julle afskuwelike dade.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 44