Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41:2-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Die wydte van die ingang was vyf meter, en dié van die mure aan weerskante was twee en 'n half meter lank. Die tempelvertrek was twintig meter lank en tien meter breed.

3. Die man het toe na die binneste vertrek toe gegaan en die mure weerskante van die ingang gemeet. Hulle was een meter dik. Die ingang self was drie meter wyd en die mure aan weerskante drie en 'n half meter lank.

4. Hy het die vertrek gemeet. Die lengte was tien meter en die breedte, net soos dié van die tempelvertrek, ook tien meter. Die man het vir my gesê: “Hierdie vertrek is die Allerheiligste.”

5. Daarna het hy die muur van die tempelgebou gemeet. Dit was drie meter dik. Buite om die tempelgebou was daar kamers aangebou, twee meter breed.

6. Die kamers was in drie verdiepings, elkeen met dertig kamers. Die muur waarop hierdie verdiepinggebou gerus het, was regoor elke verdieping dunner as regoor die vorige, sodat die verdiepings nie in die tempelmuur self nie maar in dié afsonderlike muur ingebou was.

7. Die tempelgebou was dus rondom toegebou tot bo toe, en die kamers van elke verdieping was breër as dié van die vorige. Daar het trappe opgegaan van die onderste verdieping af deur die middelste na die boonste toe.

8. Ek het gesien die tempelgebou is hoër as die ander gebou rondom. Die fondamente van die verdiepinggebou was 'n volle drie meter hoog.

9. Die muur van die verdiepinggebou aan die buitekant was twee en 'n half meter breed. Die terras tussen die verdiepings teen die tempelgebou

Lees volledige hoofstuk Esegiël 41