Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 34:26-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Ek maak hulle en alles rondom my heuwel voorspoedig; Ek laat die reëns val op die regte tyd, reëns wat voorspoed sal bring.

27. Die bome sal hulle vrugte lewer en die grond sy opbrengs, en my volk sal veilig wees in hulle land. Wanneer Ek die juk wat op hulle gedruk het, stukkend breek en hulle red uit die mag van dié wat slawe wou maak van hulle, sal hulle besef dat Ek die Here is.

28. Hulle sal nie weer die buit van ander nasies word nie en nie meer deur roofdiere opgevreet word nie. Hulle sal veilig woon en vir niemand hoef bang te wees nie.

29. Ek gee hulle 'n land wat beroemd sal word vir sy vrugbaarheid; hulle sal nie weer deur hongersnood geteister word nie en hulle sal nie weer deur ander nasies verneder word nie.

30. Hulle sal besef dat Ek, die Here hulle God, by hulle is en dat hulle my volk Israel is,” sê die Here my God.

31. “Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie Ek sorg, en Ek is julle God,” sê die Here my God.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 34