Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 29:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Op die twaalfde van die tiende maand, in die tiende jaar, het die woord van die Here tot my gekom:

2. “Mens, draai jou gesig na die farao, die koning van Egipte toe en tree op as profeet teen hom en teen die hele Egipte.

3. Jy moet praat, jy moet sê: So sê die Here my God:“Ek gaan teen jou optree, farao, koning van Egipte,groot krokodil wat rustig in jou rivier lêen sê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak!’

4. Ek gaan hake in jou kakebene slaanen jou rivier se visse aan jou skubbe laat vassit,Ek gaan jou optrek uit jou rivier uitsaam met al jou rivier se visse wat aan jou skubbe vassit.

5. Ek gaan jou weggooi in die woestyn,jou en jou rivier se visse.Jy sal in die oop veld valen jou stukke sal nie versamel word nie,nie bymekaargesoek word nie.Ek laat die roofdiere en die voëls jou opvreet.

6. Al die inwoners van Egipte sal besef dat Ek die Here is.Jy was 'n stuk riet waarop Israel wou leun,

7. maar toe hy jou in die hand vat, breek jyen kloof sy skouer oop;toe hy op jou wou leun, knak jyen laat jy hom steier.

8. “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek oorlog oor jou bring en mens en dier uit jou uitroei.

9. Egipte gaan verlate en in puin lê. Hy het gesê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak’, maar hy sal besef dat Ek die Here is.

10. “Ek gaan optree teen jou en jou rivier: Ek gaan Egipte 'n verlate puinhoop maak, van Migdol af tot by Sewene en tot aan die grens van Kus.

11. Geen mens of dier sal 'n voet daar sit nie, en daar sal veertig jaar lank niemand woon nie.

12. Ek gaan Egipte 'n verlate land tussen verlate lande maak, en sy stede sal veertig jaar lank verlate lê tussen stede wat in puin lê. Ek gaan die Egiptenaars uitmekaarjaag onder ander nasies in, hulle oor ander lande verstrooi.

13. “Maar,” so sê die Here my God, “na veertig jaar sal Ek die Egiptenaars bymekaarmaak onder die volke uit waarheen Ek hulle verjaag het.

14. Ek sal die lot van Egipte verander en hulle terugbring na Patros toe, die land van hulle herkoms. Daar sal hulle 'n klein koninkrykie wees.

15. Egipte sal kleiner as ander koninkryke wees en hom nooit weer bo ander nasies verhef nie. Ek sal hom so swak maak dat hy nie weer oor ander nasies sal heers nie.

16. Hy sal nie meer die mag wees waarop Israel vertrou nie, hy sal aanhou herinner aan die sonde wat Israel gedoen het deur hom na Egipte te wend om hulp. Dan sal hulle besef dat Ek die Here God is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 29