Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 26:17-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Hulle sal 'n treurlied oor jou sing en vir jou sê:“Hoe het jy dan aan jou end gekom, beroemde stad,jy wat bevolk is van oor die see,jy wat magtig op die see was,jy en jou inwoners,jy wat almal op see met skrik vervul het!

18. Nou bewe die eilande op die dag van jou val,nou staan die eilande in die see verskrikomdat jy daarmee heen is!”

19. So sê die Here my God: “Wanneer Ek jou 'n stad maak wat in puin lê, soos die stede wat nie meer bewoon word nie, wanneer Ek die groot waters oor jou laat spoel, jou onder baie waters toemaak,

20. sal Ek jou ondertoe laat gaan saam met dié wat in die graf in afdaal, na die mense van ouds toe. Ek sal jou soos ander stede wat lankal in puin lê, in die onderaardse diepte laat woon saam met dié wat reeds gesterf het. Jy sal nie terugkom nie, Ek sal jou nie in ere herstel in die land van die lewendes nie.

21. Ek maak jou 'n voorbeeld wat ander moet afskrik. Dit is klaar met jou. Wie na jou soek, sal jou nie kry nie, nooit weer nie, sê die Here my God.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 26