Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem.

2. “So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy 'n lang lewe hê.

3. As jy luister, Israel, en as jy gehoorsaam is en lewe volgens my gebooie, sal jy voorspoedig wees en uitermate baie word in die land wat oorloop van melk en heuning. Dit is wat die Here die God van jou voorvaders jou beloof het.

4. “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here.

5. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.

6. “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.

7. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

8. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 6