Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 31:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Dan sal my toorn teen hom ontvlam en Ek sal hulle verlaat en van hulle af weggaan. Ek sal nie aan hulle verskyn nie en die volk sal te gronde gaan. Baie plae en rampe sal hom tref, en dan sal hy sê: ‘Hierdie plae tref my omdat my God nie by my is nie.’

18. Maar ook dan sal Ek nie aan hom verskyn nie, want hy het al hierdie verkeerde dinge gedoen en ander gode gaan dien.

19. “Teken hierdie lied vir julle op en leer dit vir die Israeliete. Laat hulle dit sing sodat die lied my getuie teen hulle kan wees.

20. Wanneer Ek vir Israel gebring het in die land wat Ek aan sy voorvaders met 'n eed beloof het, die land wat oorloop van melk en heuning, sal Israel genoeg eet en lekker lewe en dan sal hy ander gode aanhang en hulle dien. Hulle sal My minag en my verbond verbreek.

21. Wanneer baie plae en rampe hom dan tref, sal hierdie lied teen hom getuig, want dit sal nie deur sy nageslag vergeet word nie. Ek weet wat daar vandag in Israel se hart omgaan, hier net voordat Ek hom inbring in die land waaroor Ek 'n eed afgelê het.”

22. Moses het daardie selfde dag nog die lied opgeteken en dit vir die Israeliete geleer.

23. Die Here het ook vir Josua seun van Nun beveel: “Wees sterk, wees dapper! Jy sal die Israeliete inbring in die land wat Ek met 'n eed aan hulle beloof het, en Ek sal by jou wees.”

24. Toe Moses hierdie wet, tot die laaste woord toe, in 'n boek opgeteken het,

25. het hy die Leviete wat die verbondsark van die Here dra, beveel:

26. “Vat hierdie wetboek en sit dit langs die verbondsark van die Here julle God. Dit moet daar bly om teen julle te getuig.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 31