Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:13-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. “Jy mag nie met gewigte werk wat nou sus dan so, nou groot dan klein is nie.

14. “Jy mag nie met inhoudsmate werk wat nou sus dan so, nou groot dan klein is nie.

15. “Jy moet billik en regverdig afweeg en afmeet. Dan sal jy lank leef in die land wat deur die Here jou God aan jou gegee word.

16. “Die Here jou God het 'n afsku van almal wat oneerlik is en ander bedrieg.”

17. “Jy moet onthou wat Amalek jou aangedoen het toe julle uit Egipte getrek het.

18. Hy het jou van agter af aangeval toe jy moeg en uitgeput was, en hy het almal wat nie kon byhou nie, om die lewe gebring sonder om hom aan God te steur.

19. Wanneer die Here jou God jou die oorwinning laat behaal het oor al jou vyande rondom jou en jy rustig woon in die land wat die Here jou God aan jou gee as jou eiendom en jy dit besit, moet jy die naam van Amalek van die aarde af uitwis. Jy mag nie vergeet om dit te doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25