Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 15:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Gee hom 'n behoorlike deel van jou kleinvee, van die graan op jou dorsvloer en van jou parskuip. Van alles waarin die Here jou God jou voorspoedig gemaak het, moet jy vir hom gee.

15. Jy moet onthou jy was self 'n slaaf in Egipte en die Here jou God het jou bevry. Dit is daarom dat ek jou vandag hierdie bevel gee.

16. “Maar as dit sou gebeur dat jou slaaf vir jou sê: ‘Ek wil nie van u af weggaan nie, want ek het u en u familie lief,’ omdat hy dit goed by jou het,

17. moet jy 'n els vat en dit deur sy oor steek teen die deur. Dan is hy vir altyd jou slaaf. Met 'n slavin moet jy dieselfde doen.

18. Moenie dink 'n ramp het jou getref as jy jou slaaf vrylaat nie, want in die ses jaar het hy jou dubbel die loon van 'n huurling gespaar. Die Here jou God sal jou voorspoedig maak in alles wat jy doen.”

19. “Jy moet elke manlike eersteling wat daar onder jou grootvee en jou kleinvee gebore word, aan die Here jou God wy. Jy mag nie die eersteling van jou grootvee laat werk nie, en die eersteling van jou kleinvee mag jy nie skeer nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 15