Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 5:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Koning Belsasar het 'n groot ete gegee vir sy duisend hoofamptenare en saam met hulle wyn gedrink.

2. Toe hy onder die invloed van die wyn was, het hy die goue en die silwerbekers wat deur sy voorganger Nebukadnesar uit die tempel van Jerusalem weggevoer is, laat haal sodat hy en sy hoofamptenare, sy vrouens en sy byvrouens daaruit kon drink.

3. Toe is die goue en die silwerbekers gebring wat weggevoer is uit die tempel van God in Jerusalem, en die koning en sy hoofamptenare, sy vrouens en sy byvrouens het daaruit gedrink.

4. Hulle het wyn gedrink en die gode van goud, silwer, brons, yster, hout en klip geprys.

5. Meteens verskyn daar toe 'n mensehand wat op die gepleisterde muur van die paleis skryf, reg teenoor die kandelaar. Die koning het die hand gesien terwyl dit skryf.

6. Toe het die koning bleek geword, hy was baie bang, sy bene het gebewe en hy was lam van die skrik.

7. Hy het hard geroep dat die voorspellers, die sterrekykers en die besweerders ingebring moes word en hy sê toe vir hulle, sy raadgewers: “Enigiemand wat kan lees wat hier geskrywe is en dit vir my kan uitlê, sal 'n koninklike kleed aangetrek word en 'n goue halsketting omgehang word, en hy sal as derde in rang regeer.”

8. Al die koninklike raadgewers het ingekom, maar hulle was nie in staat om wat geskryf is, te lees en dit vir die koning uit te lê nie.

9. Toe het koning Belsasar nog banger en bleker geword. Ook sy hoofamptenare het verslae gestaan.

10. Onderwyl die koning en sy hoofamptenare aan die praat was, het die koningin die eetsaal binnegekom. “Mag die koning baie lank lewe!” het sy gesê. “U moenie so bang en bleek wees nie.

Lees volledige hoofstuk Daniël 5