Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 4:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Uiteindelik het Daniël, genoem Beltsasar na die naam van my god en in wie die gees van die heilige gode is, ingekom en ek het hom die droom vertel.

9. “Ek het vir hom gesê: Beltsasar, hoof van die towenaars, ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen geheim vir jou onverklaarbaar is nie. Hier is nou my droom, lê dit vir my uit.

10. “Ek het hierdie visioen in my slaap gehad:“Toe ek kyk,sien ek 'n boom in die middel van die aarde,en dit was baie hoog.

11. Die boom het so groot en sterk geworddat sy top aan die hemel geraak het,en dit was oral op die aarde sigbaar.

12. Sy blare was mooi en sy vrugte was groot,daar was genoeg kos aan hom vir die hele wêreld.Onder hom het die wilde diere skaduwee gesoek,en in sy takke het die voëls nes gemaak.Alles wat leef, het van hom hulle kos gekry.

13. “Toe ek nog so kyk, terwyl ek in my slaap die visioen sien, kom daar 'n wag, 'n engel, uit die hemel uit af.

14. Hy het hard geroep:“ ‘Kap af die boom, kap af sy takke,stroop af sy blare en gooi weg sy vrugte.Die wilde diere moet onder hom uit wegvlugen die voëls uit sy takke uit.

Lees volledige hoofstuk Daniël 4