Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 4:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. maar die Beërotiete het na Gittajim toe gevlug, waar hulle nou nog asiel het.

4. Saul se seun Jonatan het 'n seun gehad met gebreklike voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding oor Saul en Jonatan uit Jisreël gekom het, en die vrou wat hom versorg het, het hom opgetel en gevlug, maar in haar haas het hy geval en so kreupel geword. Sy naam was Mefiboset.

5. Rekab en Baäna, seuns van Rimmon die Beërotiet, het op die warmte van die dag, terwyl Is-Boset besig was om sy middagslapie te geniet, by sy huis aangekom.

6. Hulle het tot binne in die huis gegaan onder die voorwendsel dat hulle koring kom aflewer, en hom in die maag gesteek. Daarna het hulle gevlug.

7. Hulle het in die huis gekom en hom doodgesteek terwyl hy op sy bed in die slaapkamer aan die slaap was. Hulle het selfs sy kop afgekap en dit saamgevat. Die hele nag deur het hulle met die Jordaanvalleipad langs gestap

8. en Is-Boset se kop na Dawid toe in Hebron gebring.Hulle het vir die koning gesê: “Hier is die kop van Is-Boset Saul se seun. Saul was u vyand en wou u doodmaak, maar vandag het die Here vir die koning wraak geneem oor Saul en sy nasate.”

9. Toe sê Dawid vir Rekab en sy broer Baäna, seuns van Rimmon die Beërotiet: “Ek verklaar voor die Here, my bevryder uit elke lewensgevaar:

10. Die man wat my in Siklag vertel het: ‘Saul is dood!’ het ek laat gryp en doodslaan as beloning vir so 'n boodskap, en hy het nogal gedink hy is iemand wat 'n goeie tyding bring.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 4