Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 19:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daar is aan Joab vertel: “Kan jy dit glo? Die koning huil en treur oor Absalom!”

2. So het die oorwinningsdag 'n dag van trane geword vir al die manskappe, want hulle het gehoor dat die koning bedroef is oor sy seun.

3. Op dié dag het die manskappe die stad binnegesluip, soos wanneer hulle beskaamd insluip as hulle uit 'n geveg weggehardloop het.

4. Die koning het sy gesig toegehou en hardop uitgeroep: “My seun Absalom; Absalom, my seun, my seun!”

5. Joab het by die koning in die kamer ingegaan en gesê: “U het vandag al die manskappe laat skaam kry, hulle wat so pas u lewe en ook dié van u seuns en dogters, u vrouens en byvrouens gered het.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 19