Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:17-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Die koning het hulle in die omgewing van die Jordaan, tussen Sukkot en Saretan, in kleivorms laat giet.

18. Salomo het so 'n groot hoeveelheid van al hierdie goed laat maak dat die brons nie geweeg kon word nie.

19. Salomo het ook al die toerusting vir die tempel van God laat maak: die goue altaar, die tafels vir die offerbrood;

20. die kandelaars met die lampe wat volgens voorskrif voor die binneste heiligdom aan die brand gehou moes word, alles van suiwer goud;

21. die blomkelke, die lampe en die goue pithouers, alles heeltemal van goud;

22. die skêre, die komme vir die besprinkeling, die panne en die vuurbakke, alles van suiwer goud. Ook die ingang van die tempel, sy deure, die binnekant van die Allerheiligste en die deure van die voorste heiligdom was van goud.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4