Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hy het die bronsaltaar gemaak, tien meter lank, tien meter breed en vyf meter hoog.

2. Hy het ook die gegote waterbak gemaak, heeltemal rond, vyf meter in deursnee, twee en 'n half meter hoog en met 'n omtrek van vyftien meter.

3. Onderom die rand van die waterbak was twee rye beeste in reliëf, tien op elke halwe meter. Die beeste is saam met die waterbak in een stuk gegiet.

4. Die waterbak het gerus op twaalf gegote beeste, drie na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste gerig. Die waterbak was bo-oor hulle, en almal se agterkante was onder die bak in.

5. Die waterbak was nege sentimeter dik en sy rand was soos 'n beker se rand in die vorm van die kelk van 'n lelie. Dit kon ses en sestig kiloliter bevat.

6. Hy het tien waskomme gemaak en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant gesit. Daarin spoel hulle die offergereedskap af. Die waterbak is vir die priesters om in te was.

7. Hy het tien goue kandelaars gemaak volgens voorskrif en hulle in die voorste heiligdom gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4