Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 30:21-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Die Israeliete wat in Jerusalem was, het die fees van die ongesuurde brood met groot vreugde sewe dae lank gevier. Die Leviete en die priesters het elke dag die mag van die Here geloof met begeleiding van musiek,

22. en Hiskia het die Leviete geprys oor die bekwaamheid waarmee hulle dié kuns voor die Here beoefen het. Die fees is sewe dae lank gevier. Daar is maaltydoffers gebring en die Israeliete het die Here die God van hulle voorvaders geloof.

23. Toe het die hele gemeente besluit om die fees met 'n week te verleng, en hulle het nog sewe dae met vreugde feesgevier.

24. Koning Hiskia van Juda het duisend jong bulle en sewe duisend stuks kleinvee tot beskikking van die gemeente gestel, en die amptenare het nog duisend jong bulle en tien duisend stuks kleinvee bygesit. 'n Groot aantal priesters het hulleself gereinig.

25. Daar was vreugde in die hele gemeente van Juda, onder die priesters en die Leviete, in die hele gemeente wat uit Israel gekom het, en ook onder die immigrante wat uit die land Israel gekom het en nou in Juda gewoon het.

26. In Jerusalem was daar groot vreugde, want so iets was daar nie in Jerusalem van die tyd van koning Salomo van Israel, seun van Dawid, af nie.

27. Toe die priesters en die Leviete opstaan en die seën uitspreek oor die volk, het God dit gehoor: hulle gebed het die heilige woning van God in die hemel bereik.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 30