Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 28:22-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Toe dit so sleg met hom gaan, was hy, dié koning Agas, nog verder ontrou teenoor die Here.

23. Hy het offerandes gebring vir die gode van Damaskus wat hom verslaan het, met die redenasie: “Die gode van Aramese konings het hulle gehelp; nou bring ek vir daardie gode offerandes dat hulle my ook kan help.”Maar dié gode het sy val en dié van die hele Israel verhaas.

24. Agas het die goed wat in die tempel gebruik is, weggevat en stukkend geslaan, die deure van die huis van die Here gesluit en op elke hoek in Jerusalem altare gebou.

25. In elke stad van Juda het hy hoogtes ingerig om vreemde gode met offerandes te vereer. So het hy die Here, die God van sy voorvaders, uitgetart.

26. Die ander verhale oor Agas en sy hele lewensloop, dié van vroeër en dié van later, is opgeteken in die annale van die konings van Juda en Israel.

27. Agas is oorlede, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem. Hulle het hom nie in die begraafplaas van die konings van Israel begrawe nie. Sy seun Hiskia het hom as koning opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 28