Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 22:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Daarna het hy na Ahasia gesoek. Ahasia is gevang waar hy in Samaria probeer wegkruip het, en na Jehu toe gebring, waar hy ook doodgemaak is. Ahasia is behoorlik begrawe, want die mense het gesê: “Hy is die kleinseun van Josafat, en Josafat het die Here met sy hele hart gedien.”In dié stadium was daar niemand uit die koningshuis van Ahasia wat die regering kon oorneem nie.

10. Toe Ahasia se ma, Atalia, hoor haar seun is dood, het sy al die aanspraakmakers op die troon van Juda uit die weg geruim.

11. Een van die prinsesse, Jehoseba, het egter vir Joas, 'n seun van Ahasia, gegryp en hom stilletjies weggevat tussen die prinse wat doodgemaak sou word. Sy het hom en sy oppasster na 'n slaapkamer toe geneem en hom daar weggesteek sodat Atalia hom nie kon kry om hom te laat doodmaak nie. Jehoseba was 'n dogter van koning Joram en 'n suster van Ahasia. Sy was getroud met die priester Jojada.

12. Joas is ses jaar by hulle in die tempel versteek, en in dié tyd het Atalia die land geregeer.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 22