Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11:10-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Sora, Ajalon en Hebron.

11. Hy het die vestings versterk, bevelhebbers oor hulle aangestel en daar voorrade kos, olie en wyn gehou.

12. In elke stad was daar ook skilde en spiese. So het hy die vestings baie goed versterk en beheer gehad oor Juda en Benjamin.

13. Die priesters en die Leviete wat oral in Israel gewoon het, het uit al hulle gebiede gekom en in Rehabeam se gebied kom woon.

14. Die Leviete moes hulle weivelde en besittings verlaat en na Juda en Jerusalem toe kom omdat Jerobeam en sy opvolgers hulle nie meer toegelaat het om priesters vir die Here te wees nie.

15. Jerobeam het sy eie priesters aangestel vir die hoogtes en die veldgode en die kalwerbeelde wat hy gemaak het.

16. In navolging van die Leviete het mense wat die Here die God van Israel wou dien, uit al die Israelitiese stamme na Jerusalem toe gekom om daar offerandes te bring aan die Here die God van hulle voorvaders.

17. So het hulle die koninkryk van Juda verder versterk en drie jaar by Rehabeam seun van Salomo gestaan. Hulle het dié drie jaar in die spore van Dawid en Salomo gevolg.

18. Rehabeam was getroud met Magalat. Haar pa was Jerimot seun van Dawid en haar ma was Abihajil dogter van Eliab, seun van Isai.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 11