Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Rehabeam het na Sigem toe gegaan omdat die hele Israel daarheen gekom het om hom tot koning te kroon.

2. Jerobeam seun van Nebat was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo gevlug het, en toe hy die berig kry, het hy uit Egipte teruggekom.

3. Dit was nadat hulle boodskappers gestuur en hom laat roep het.Hy en die hele Israel kom toe na Rehabeam toe en sê vir hom:

4. “U vader het ons 'n swaar juk laat dra. As u die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.”

5. Rehabeam het vir hulle gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.”Nadat die volk vertrek het,

6. het Rehabeam toe die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens dié se lewe. “Wat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?” het hy gevra.

7. Hulle het vir hom gesê: “As u dit goed bedoel met hierdie volk en hulle tevrede stel en hulle 'n gunstige antwoord gee, sal hulle altyd u onderdane bly.”

8. Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was:

9. “Wat meen júlle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die juk wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”

10. Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons 'n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê:“My pinkie is dikker as my pa se middellyf.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 10