Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 9:33-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. Hy het beveel: “Gooi haar af!”Toe gooi hulle haar af. Van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en hulle het haar doodgetrap.

34. Hy het in die paleis ingegaan en gaan eet en drink. Daarna het hy gesê: “Sien tog maar om na hierdie vervloekte vrou. Begrawe haar, sy is darem 'n koning se dogter.”

35. Hulle is weg om haar te gaan begrawe, maar hulle kon net die kopbeen, die voete en die hande kry.

36. Toe hulle dit aan Jehu kom rapporteer, het hy gesê: “Dit is die woord van die Here wat deur sy dienaar Elia die Tisbiet gekom het: ‘Op die oop stuk grond in Jisreël sal die honde die vleis van Isebel opvreet.’

37. Op die oop stuk grond in Jisreël sal die lyk van Isebel wees soos mis in 'n land. Niemand sal kan sê dit is Isebel nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 9