Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 4:8-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Op 'n dag het Elisa na Sunem toe gegaan.Daar was 'n vooraanstaande vrou wat by hom daarop aangedring het om vir ete oor te bly. Elke keer as hy daar verbykom, het hy eers by haar aangegaan om te eet.

9. Sy het vir haar man gesê: “Ek weet dit is 'n heilige man van God wat gereeld hier by ons aankom.

10. Kom ons bou 'n klein bovertrekkie en sit vir hom 'n bed, 'n tafel, 'n stoel en 'n lamp daarin. Wanneer hy by ons aankom, kan hy daar intrek.”

11. Op 'n dag toe Elisa weer daar aankom, het hy in die bovertrek ingetrek en gaan rus.

12. Hy het vir Gehasi sy slaaf gesê: “Roep bietjie die Sunemmitiese vrou.”Gehasi het haar geroep, en toe sy voor Elisa se kamer staan,

13. sê hy vir sy slaaf: “Sê vir haar: Jy het al hierdie moeite vir ons gedoen. Wat kan ek vir jou doen? Sal ek vir jou 'n woordjie doen by die koning of by die hoof van die leër?”“Ek woon hier tussen my eie mense,” was haar antwoord.

14. Hy vra toe: “Maar kan daar nie iets vir haar gedoen word nie?” Waarop Gehasi antwoord: “Ja tog, sy het nie 'n seun nie, en haar man is al oud.”

15. “Roep haar hiernatoe,” sê Elisa.Toe Gehasi haar nader roep, het sy in die deur kom staan.

16. Toe sê Elisa: “Hierdie tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun in jou arms hou.”Sy antwoord: “Nee, Meneer, u is 'n man van God, u moet tog nie vir my iets sê wat nie so kan wees nie!”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 4