Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 4:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Sy is van hom af weg. Sy het die deur agter haar en haar seuns toegemaak. Soos hulle die kruike na haar toe aangedra het, het sy hulle volgemaak.

6. Toe die kruike vol was, sê sy vir een van haar seuns: “Bring vir my nog 'n kruik.”Maar hy het gesê: “Daar is nie meer 'n kruik oor nie.”Toe het daar nie

7. meer olie uit die kannetjie gekom nie. Sy het by die man van God aangekom en dit vir hom vertel. Hy het gesê: “Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld. Jy en jou seuns kan dan leef van wat oorbly.”

8. Op 'n dag het Elisa na Sunem toe gegaan.Daar was 'n vooraanstaande vrou wat by hom daarop aangedring het om vir ete oor te bly. Elke keer as hy daar verbykom, het hy eers by haar aangegaan om te eet.

9. Sy het vir haar man gesê: “Ek weet dit is 'n heilige man van God wat gereeld hier by ons aankom.

10. Kom ons bou 'n klein bovertrekkie en sit vir hom 'n bed, 'n tafel, 'n stoel en 'n lamp daarin. Wanneer hy by ons aankom, kan hy daar intrek.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 4