Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23:30-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. Sy lyfwagte het sy lyk op 'n wa gesit en na Jerusalem toe gebring. Daar het hulle hom in sy graf begrawe.Die burgers van die land het Josia se seun Joahas geneem, hom gesalf en hom koning gemaak in sy pa se plek.

31. Joahas was drie en twintig toe hy koning geword het en hy het drie maande in Jerusalem geregeer. Sy ma was Gamutal, 'n dogter van Jeremia uit Libna.

32. Joahas het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van sy voorvaders gevolg.

33. Farao Neko het vir Joahas gevang en in Ribla, in Hamat, in die tronk gehou sodat hy nie in Jerusalem kon regeer nie. Neko het die land beboet met drie en 'n halwe ton silwer en vier en dertig kilogram goud.

34. Daarna het farao Neko vir Eljakim seun van Josia koning gemaak in sy pa se plek, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas na Egipte toe gevat, en hy is daar dood.

35. Jojakim het die goud en die silwer aan die farao betaal. Om te betaal wat die farao geëis het, moes hy die land aanslaan. Hy het die goud en die silwer van die burgers van die land geëis, van elkeen volgens sy aanslag, en dit aan farao Neko betaal.

36. Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sebida, 'n dogter van Pedaja uit Ruma.

37. Jojakim het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvaders gevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 23