Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 1:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Na die dood van Agab het Moab in opstand gekom teen Israel.

2. Ahasia het in Samaria deur sy bokamer se traliewerk geval en hom ernstig beseer. Hy het boodskappers gestuur met die opdrag: “Gaan raadpleeg vir Baäl-Sebub die god van Ekron om te hoor of ek hierdie besering sal oorleef.”

3. Maar die Engel van die Here het vir Elia die Tisbiet gesê: “Loop gou die boodskappers van die koning van Samaria tegemoet en sê vir hulle: Is daar dan geen God in Israel nie dat julle vir Baäl-Sebub die god van Ekron gaan raadpleeg?

4. Daarom sê die Here vir die koning: Jy sal nie opstaan uit die bed waarin jy gaan lê het nie. Jy gaan sterf.”Toe vertrek Elia,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 1