Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daar was 'n man uit Benjamin. Sy naam was Kis, en hy was 'n seun van Abiël seun van Seror, seun van Bekorat, seun van Afiag. Hy was 'n Benjaminiet en 'n ryk man.

2. Hy het 'n seun gehad met die naam Saul en dié was sterk en mooi; onder die Israeliete was daar niemand mooier as hy nie. Hy was 'n kop langer as enige van sy volksgenote.

3. Toe daar op 'n keer donkies van Kis, Saul se pa, weggeraak het, het hy vir sy seun Saul gesê: “Vat een van die slawe saam, maak klaar en gaan soek die donkies.”

4. Hulle het die Efraimsberge deurkruis; hulle het die Salisastreek ook deurkruis, maar niks gekry nie. Hulle het die Saälimgebied deurkruis, maar daar was niks. Hulle het toe die Jeministreek deurkruis en ook niks gekry nie.

5. Toe hulle in die Sufgebied kom, het Saul vir die slaaf by hom gesê: “Kom ons gaan terug, anders vergeet my pa van die donkies en raak bekommerd oor ons.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9