Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. julle dogters sal hy vat om vir hom salf te meng, om vir hom te kook en te bak;

14. julle beste lande, wingerde en olyfboorde sal hy vat en aan sy amptenare gee;

15. van julle saaigrond en wingerde se opbrengs sal hy 'n tiende vat en aan sy paleispersoneel en sy amptenare gee;

16. julle beste slawe, slavinne en jong manne, en julle donkies sal hy vat en vir sy werk gebruik;

17. van julle kleinvee sal hy 'n tiende vat, en julle self sal sy slawe wees.

18. “Daardie dag sal julle om hulp roep vanweë julle koning vir wie julle verkies het, maar dan sal die Here julle nie antwoord nie.”

19. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister. Hulle het vir hom gesê: “Nee, daar moet tog maar 'n koning oor ons wees.

20. Ons wil ook soos al die nasies wees. Ons koning moet oor ons regeer; hy moet ons lei en ons oorloë voer.”

21. Samuel het na die woorde van die volk geluister en dit vir die Here vertel.

22. Toe sê die Here vir Samuel: “Gee toe aan hulle versoek. Stel 'n koning oor hulle aan.”Samuel het vir die manne van Israel gesê: “Gaan julle nou almal huis toe.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8