Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 6:16-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Toe die vyf Filistynse regeerders dit sien, het hulle dieselfde dag nog teruggegaan na Ekron toe.

17. Die geskenk wat die Filistyne aan die Here gegee het, die goue afbeeldings van die swere, was een vir Asdod, een vir Gasa, een vir Askelon, een vir Gat en een vir Ekron.

18. Die goue afbeeldings van die muise was vir die versterkte en onversterkte stede van die vyf Filistynse regeerders. Die groot klip waarop hulle die ark van die Here neergesit het, staan tot vandag toe as getuienis op die grond van Josua van Bet-Semes.

19. Maar die Here het die inwoners van Bet-Semes getref omdat hulle die ark bekyk het. Hy het sewentig man onder hulle laat sterf. Toe het hulle gerou omdat die Here hulle so swaar getref het.

20. Daarna het die mense van Bet-Semes gevra: “Wie kan bestaan in die teenwoordigheid van die Here, hierdie heilige God? Na wie toe kan Hy gaan van ons af?”

21. Hulle het boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jearim toe om te sê: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring. Kom vat dit na julle toe.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 6