Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Daarom trap die priesters van Dagon, en almal wat in Dagon se tempel ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van die Dagonstempel in Asdod nie.

6. Die Here het die Asdodiete swaar gekasty: Hy het Asdod en sy gebied in beroering gebring en hulle met pesswere getref.

7. Toe die mense van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: “Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand lê swaar op ons en ons god Dagon.”

8. Hulle het boodskappers gestuur en al die regeerders van die Filistyne in Asdod laat bymekaarkom en gevra: “Wat moet ons maak met die ark van die God van Israel?”Die regeerders het gesê: “Die ark van die God van Israel moet na Gat toe gevat word.”Hulle het toe die ark van die God van Israel daarheen gebring,

9. en nadat hulle dit gedoen het, het die Here 'n baie groot beroering in die stad veroorsaak. Hy het die mense van die stad, klein en groot, met 'n plaag getref. Ook by húlle het daar pesswere uitgebreek.

10. Daarna het hulle die ark van God weggestuur na Ekron toe. Toe die ark van God in Ekron kom, het die Ekronners geskreeu: “Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe gebring om ons en ons mense dood te maak.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5