Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Filistyne het die ark van God gevat en dit van Eben-Haeser af na Asdod toe gebring.

2. Ja, die Filistyne het die ark van God gevat. Hulle het dit na die tempel van Dagon toe gebring en langs Dagon neergesit.

3. Toe die Asdodiete die volgende môre opstaan, het Dagon vooroorgeval op die grond gelê, voor die ark van die Here. Hulle het vir Dagon opgetel en op sy plek teruggesit.

4. Die volgende dag het hulle vroeg opgestaan, en Dagon het weer vooroorgeval op die grond gelê, voor die ark van die Here. Die kop van Dagon en sy twee hande het afgebreek op die drumpel gelê, net sy lyf het oorgebly.

5. Daarom trap die priesters van Dagon, en almal wat in Dagon se tempel ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van die Dagonstempel in Asdod nie.

6. Die Here het die Asdodiete swaar gekasty: Hy het Asdod en sy gebied in beroering gebring en hulle met pesswere getref.

7. Toe die mense van Asdod sien dat dit so gaan, sê hulle: “Die ark van die God van Israel mag nie by ons bly nie, want sy hand lê swaar op ons en ons god Dagon.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5