Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 30:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Dawid het die Here geraadpleeg: “Moet ek hierdie bende agtervolg? Sal ek hulle inhaal?”Die Here het hom geantwoord: “Ja, want jy sál hulle inhaal en jou mense red.”

9. Dawid en sy ses honderd man het gegaan en by Besorspruit gekom, waar party agtergebly het.

10. Dawid self en vier honderd man het die agtervolging voortgesit, en twee honderd man wat te moeg was om Besorspruit deur te gaan, het agtergebly.

11. Hulle het 'n Egiptenaar in die veld gekry en hom na Dawid toe gebring. Hulle het hom kos gegee, en nadat hy geëet het, het hulle hom water laat drink.

12. Toe gee hulle hom 'n stukkie gedroogde vye en twee trossies rosyntjies en nadat hy dit geëet het, het hy weer reggekom, want hy het drie dae en nagte nie kos geëet of water gedrink nie.

13. Dawid het hom gevra: “By wie is jy en waar kom jy vandaan?”En hy antwoord: “Ek is 'n Egiptenaar, 'n slaaf van 'n Amalekiet, en my eienaar het my drie dae gelede agtergelaat, want ek het te swak geword.

14. Ons het 'n strooptog onderneem in die Filistynse Suidland wat aan Juda behoort, en in die Suidland van Kaleb en ons het Siklag afgebrand.”

15. Dawid vra toe vir hom: “Sal jy ons na hierdie bende toe lei?”Maar hy sê: “Lê tog vir my 'n eed af in die Naam van God dat u my nie sal doodmaak of sal uitlewer in die hand van my eienaar nie, en ek sal u na hierdie bende toe lei.”

16. Hy het hulle gelei, en toe hulle weer sien, lê die bende oor die hele gebied versprei, en hulle eet en drink en vier fees met die hele groot buit wat hulle uit die gebied van die Filistyne en van Juda gebring het.

17. Dawid het van die laat middag af tot die aand toe en dwarsdeur tot in die vroeë oggend teen hulle geveg en hulle verslaan. Nie een het ontsnap nie, behalwe vier honderd jong manne wat op kamele gery en gevlug het.

18. Dawid het almal wat deur Amalek gevat is, gered; hy het ook sy twee vrouens gered.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 30