Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 21:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Hierná het Dawid klaargemaak en dieselfde dag nog van Saul af weggevlug na koning Akis van Gat toe.

11. Akis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Sing hulle nie vir hom in koordanse nie:“Saul het sy duisende verslaan,maar Dawid sy tienduisende!”

12. Toe Dawid besef wat hulle sê, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat.

13. Daarom het Dawid hom voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos 'n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 21