Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. En Hanna het gebid:“Ek jubel in die Here,ek is sterk in die Here.Ek lag my vyande uit,ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.

2. Daar is geen heilige soos die Here nie,buiten U is daar nie een nie,daar is geen rots soos ons God nie.

3. “Julle moenie in hoogmoed bly praat nie,moenie aanmatigende dinge sê nie,want die Here is 'n God van diepe kennis,dade word deur Hom getoets.

4. “Die boog van die magtiges is verbreek,dié wat gestruikel het, het nuwe krag gekry.

5. Wie versadig was, moet hulle nou vir brood verhuur,wie honger was, het oorgenoeg om te eet.Die onvrugbare bring sewe in die wêreld,die een met baie kinders kwyn weg.

6. “Die Here maak dood en Hy maak lewend,Hy laat afdaal na die doderyk toeen Hy laat daaruit opkom.

7. Die Here maak arm en Hy maak ryk,Hy verneder, ook gee Hy aansien.

8. Hy laat die geringes uit die stof opstaan,Hy hef die armes op van die ashoop afom hulle by vername mense te laat sit;Hy skenk hulle 'n ereplek.Aan die Here behoort die pilare van die aarde;Hy het die aarde daarop gegrondves.

9. “Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad,maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf.'n Mens oorwin nie deur eie krag nie!

10. Dié wat teen die Here in opstand kom, word vernietig,van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle.Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde,Hy verleen krag aan sy koning,Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”

11. Daarna het Elkana na sy huis toe gegaan in Rama, terwyl die seun Samuel die Here bly dien het onder toesig van die priester Eli.

12. Maar Eli se seuns was slegte mense; hulle het nie met die Here rekening gehou nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2