Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 17:52-58 Afrikaans 1983 (AFR83)

52. Die manskappe van Israel en Juda het opgestaan, die aanvalskreet uitgeskreeu en die Filistyne agtervolg tot by die ingang van Gat en die poorte van Ekron, sodat die gesneuweldes van die Filistyne op die pad van Saärajim af tot by Gat en Ekron gelê het.

53. Daarna het die Israeliete teruggekom van die strawwe agtervolging van die Filistyne af en hulle kamp geplunder.

54. Dawid het die kop van die Filistyn gevat en dit na Jerusalem toe gebring, maar die Filistyn se wapens het hy in sy eie tent gaan sit.

55. Toe Saul vir Dawid sien uitgaan om die Filistyn te ontmoet, het hy vir Abner die hoof van die leër gevra: “Abner, wie se kind is dié jong man tog?”Abner het geantwoord: “So seker as u leef, U Majesteit, ek weet nie.”

56. Die koning sê toe: “Vra jy tog wie se kind die jong man is.”

57. Toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom gevat en voor Saul gebring met die kop van die Filistyn nog in sy hand.

58. Saul het vir hom gevra: “Seun, wie se kind is jy?”“Die kind van u onderdaan Isai, uit Betlehem,” het Dawid geantwoord.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 17