Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 13:17-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Daar het toe 'n roofbende in drie afdelings uit die kamp van die Filistyne uitgegaan. Die een afdeling het in die rigting van Ofra na die Sualstreek toe gedraai.

18. Die tweede het in die rigting van Bet-Goron gedraai, en nog 'n afdeling het gedraai in die rigting van die gebied wat afkyk op die Seboïmdal na die woestyn se kant toe.

19. Daar was geen smid in die hele Israel nie, want die Filistyne het gesê die Hebreërs sal swaarde of spiese maak.

20. Daarom moes elke Israeliet na die Filistyne toe gaan om sy ploegskaar of skoffelpik of byl of ander gereedskap te laat slyp.

21. Dit was die geval met die skerpmaak van ploegskare, skoffelpikke, drietandvurke en byle en ook met die regmaak van osprikkels.

22. So het dit dan gebeur dat in die oorlogstyd nie een van die manskappe by Saul en Jonatan 'n swaard of 'n spies gehad het nie; net Saul en sy seun Jonatan het wapens gehad.

23. In daardie tyd het 'n patrollie van die Filistyne die pas by Mikmas beset.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 13