Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 13:15-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Samuel het daarna opgestaan en van Gilgal af na Gibea in Benjamin toe vertrek. Saul het toe die manskappe wat nog by hom was, getel: omtrent ses honderd man.

16. En terwyl Saul en sy seun Jonatan en die manskappe by hulle in Gibea in Benjamin was, was die Filistynse kamp nog steeds by Mikmas.

17. Daar het toe 'n roofbende in drie afdelings uit die kamp van die Filistyne uitgegaan. Die een afdeling het in die rigting van Ofra na die Sualstreek toe gedraai.

18. Die tweede het in die rigting van Bet-Goron gedraai, en nog 'n afdeling het gedraai in die rigting van die gebied wat afkyk op die Seboïmdal na die woestyn se kant toe.

19. Daar was geen smid in die hele Israel nie, want die Filistyne het gesê die Hebreërs sal swaarde of spiese maak.

20. Daarom moes elke Israeliet na die Filistyne toe gaan om sy ploegskaar of skoffelpik of byl of ander gereedskap te laat slyp.

21. Dit was die geval met die skerpmaak van ploegskare, skoffelpikke, drietandvurke en byle en ook met die regmaak van osprikkels.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 13