Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het.

7. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie.

8. Dan sê haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”

9. Op 'n keer ná die offermaaltyd in Silo het Hanna opgestaan terwyl die priester Eli op sy stoel langs die deurkosyn van die tempel van die Here gesit het.

10. Sy was bitter hartseer en terwyl sy tot die Here gebid het, het sy onbedaarlik gehuil.

11. Sy het 'n gelofte afgelê en gesê: “Here, Almagtige, as U tog op my ellende wou let en aan my, u dienares, wou dink en my nie vergeet nie en aan my 'n seun gee, sal ek hom sy lewe lank aan U gee, en as teken daarvan sal sy hare nie afgesny word nie.”

12. Sy het lank tot die Here gebid, en Eli het stip na haar mond bly kyk.

13. Hanna het in haar gedagte gepraat, net haar lippe het geroer. Eli kon nie haar stem hoor nie, en daarom het hy gedink sy is dronk.

14. Hy sê toe vir haar: “Hoe lank wil jy dronk bly? Loop word eers nugter!”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1