Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Sy was bitter hartseer en terwyl sy tot die Here gebid het, het sy onbedaarlik gehuil.

11. Sy het 'n gelofte afgelê en gesê: “Here, Almagtige, as U tog op my ellende wou let en aan my, u dienares, wou dink en my nie vergeet nie en aan my 'n seun gee, sal ek hom sy lewe lank aan U gee, en as teken daarvan sal sy hare nie afgesny word nie.”

12. Sy het lank tot die Here gebid, en Eli het stip na haar mond bly kyk.

13. Hanna het in haar gedagte gepraat, net haar lippe het geroer. Eli kon nie haar stem hoor nie, en daarom het hy gedink sy is dronk.

14. Hy sê toe vir haar: “Hoe lank wil jy dronk bly? Loop word eers nugter!”

15. Maar Hanna het geantwoord: “Nee, Meneer, ek is maar net 'n vrou wat diep terneergedruk is. Ek het nie wyn of bier gedrink nie. Ek het my hart uitgestort voor die Here.

16. Moet tog nie dink ek is 'n slegte vrou nie. Dis oor my groot smart en leed dat ek so lank bly praat het.”

17. Toe sê Eli: “Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1