Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:14-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Dié was afstammelinge van Abigajil seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.

15. Agi seun van Abdiël, seun van Guni, was hulle familiehoof.

16. Hulle het gewoon in Gilead, in Basan en sy voorposte en in al die veegebiede van Saron sover as wat dié gestrek het.

17. Hulle is almal in die register opgeneem in die tyd van koning Jotam van Juda en koning Jerobeam van Israel.

18. Van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam was vier en veertig duisend sewe honderd en sestig weerbare manne, vegsmanne met skild en swaard gewapen, boogskutters en opgeleide vegters.

19. Toe hulle die Hagareërs, en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het,

20. het hulle hulp ontvang en is die Hagareërs en al hulle bondgenote aan hulle onderwerp. Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het.

21. Aan vee het hulle vyftig duisend kamele gebuit, twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend donkies, en hulle het ook nog honderd duisend gevangenes weggevoer.

22. Daar het bowendien baie mense gesneuwel, want dit was 'n oorlog wat deur God gevoer is. Hulle het toe die verowerde gebied bewoon tot met die ballingskap.

23. Die halwe Manassestam het gewoon in die streek van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en Hermonberg. Hulle was baie.

24. Hulle familiehoofde was die volgende: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël, almal vermoënde en gesiene manne wat leiers van hulle families was.

25. Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat ter wille van hulle deur God uitgeroei is.

26. Daarom het die God van Israel vir koning Pul van Assirië, dit is Tiglat-Pileser, aangehits, en dié het hulle as krygsgevangenes weggevoer. Hy het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe Manassestam verplaas na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier, waar hulle nou nog is.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5