Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:8-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel seun van Harum.

9. Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.”

10. Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.”God het laat gebeur wat hy gevra het.

11. Kelub broer van Suga was die vader van Megir. Dié was die vader van Eston.

12. Eston was die vader van Bet-Rafa, Paseag en Teginna vader van Ir-Nagas. Hulle is die mense van Reka.

13. Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja, en die seuns van Otniël was Gatat

14. en Meonotai, wat die vader was van Ofra. Seraja was die vader van Joab, stigter van Vakmansdal; hulle was vakmanne.

15. Die seuns van Kaleb seun van Jefunne was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas.

16. Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.

17. Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered was die vader van Mirjam, Sammai en Jisbag vader van Estemoa.

18. Mered se Judese vrou was die moeder van Jered vader van Gedor, Geber vader van Soko, en Jekutiël vader van Sanoag. Die ander was seuns van Bitja, 'n farao se dogter met wie Mered getroud was.

19. Hodija se vrou was 'n suster van Nagam vader van Keïla. Haar seuns was Garmi en Estemoa van Maäka.

20. Die seuns van Simon was Amnon en Rinna, die seun van Ganan was Tilon en die seun van Jisi was Soget. Soget het ook 'n seun gehad.

21. Uit die geslag van Sela seun van Juda was daar Er vader van Leka, en Lada vader van Maresa, en die linnewerkersgildes van Bet-Asbea.

22. Verder was daar nog Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab gesag gevoer het, en Jasubi-Legem. Hierdie lyste kom uit 'n ou oorlewering.

23. Hierdie mense was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera by die koning gewoon het. Hulle het daar gewoon omdat hulle in sy diens was.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4