Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:14-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. en Meonotai, wat die vader was van Ofra. Seraja was die vader van Joab, stigter van Vakmansdal; hulle was vakmanne.

15. Die seuns van Kaleb seun van Jefunne was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas.

16. Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.

17. Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered was die vader van Mirjam, Sammai en Jisbag vader van Estemoa.

18. Mered se Judese vrou was die moeder van Jered vader van Gedor, Geber vader van Soko, en Jekutiël vader van Sanoag. Die ander was seuns van Bitja, 'n farao se dogter met wie Mered getroud was.

19. Hodija se vrou was 'n suster van Nagam vader van Keïla. Haar seuns was Garmi en Estemoa van Maäka.

20. Die seuns van Simon was Amnon en Rinna, die seun van Ganan was Tilon en die seun van Jisi was Soget. Soget het ook 'n seun gehad.

21. Uit die geslag van Sela seun van Juda was daar Er vader van Leka, en Lada vader van Maresa, en die linnewerkersgildes van Bet-Asbea.

22. Verder was daar nog Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab gesag gevoer het, en Jasubi-Legem. Hierdie lyste kom uit 'n ou oorlewering.

23. Hierdie mense was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera by die koning gewoon het. Hulle het daar gewoon omdat hulle in sy diens was.

24. Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25. Saul se seun was Sallum, dié se seun Mibsam, dié se seun Misma.

26. Die seun van Misma was Gammuel, dié se seun Sakkur, dié se seun Simi.

27. Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie, en al hulle geslagte saam was daarom nie soveel as dié van die Judeërs nie.

28. Hulle het gewoon in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Baäla, Esem, Eltolad,

30. Betuel, Gorma, Siklag,

31. Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.

32. Hulle buiteposte was Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan, vyf stede.

33. Verder was hulle woonplekke al die buiteposte wat rondom dié stede was, tot by Baäl, en hulle is so in die geslagsregister opgeneem.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4