Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25:5-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in godsdienstige sake, en hulle het hom groot aansien verleen. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle het almal onder leiding van hulle pa die sang in die huis van die Here begelei op simbale, harpe en liere in die tempeldiens.Asaf, Jedutun en Heman was in diens van die koning.

7. Saam met hulle ampsgenote wat in sang ter ere van die Here onderrig was, was die getal opgeleides twee honderd ag en tagtig.

8. Hulle is vir diens geloot volgens die reël dat oud en jonk gelyk is, of hy nou al opgelei of leerling was.

9. Die eerste lot het op Josef, uit die nageslag van Asaf, geval; die tweede op Gedalja,

10. die derde op Sakkur,

11. die vierde op Seri,

12. die vyfde op Netanja,

13. die sesde op Bukkija,

14. die sewende op Asarela,

15. die agste op Jesaja,

16. die negende op Mattanja,

17. die tiende op Simi,

18. die elfde op Asarel,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 25