Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:27-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Dit is dus die getal Leviete van twintig jaar en ouer wat diens gedoen het soos Dawid dit kort voor sy dood gereël het.

28. Hulle het die Aäroniete bygestaan in die diens van die huis van die Here. Hulle was verantwoordelik vir die voorhowe, die kamers, die reiniging van al die gewyde dinge en vir die werksaamhede van die tempeldiens.

29. Hulle moes sorg vir die offerbrood, die meel vir die graanoffer, die ongesuurde brood, die bakplaat, die deegmengsel en vir elke inhouds- en lengtemaat.

30. Hulle moes ook elke môre hulle plek inneem vir die dank en lof aan die Here, en so ook saans.

31. Verder moes hulle help by die bring van al die offers vir die Here op sabbatte, nuwemaansfeeste en ander feestye. Dit moes voortdurend voor die Here geskied, volgens die reëlmaat wat daarvoor vasgestel is.

32. So moes hulle al die nodige doen by die tent van ontmoeting, by die heiligdom, en saam met hulle ampsbroers die priesters in die diens van die huis van die Here.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23